top of page

n reis wat altyd organies vorder

en in vrede bly met die uitslag 

Apiarista het soos meeste dinge begin: Klein. Eers om ander byeboere te voorsien met basiese toerusting; later die idee om koffie aan te bied; en uiteindelik 'n prettige, opvoedkundige plaasomgewing te skep.

Die winkel is in 2016 opgeknap en herbou om 'n bietjie koffie by sy dienste te begin voeg. Om 'stadig tegroei' was en is steeds ons leuse, en nie vooruit tejaag nie. Terwyl die koffiekant besig was om sy wortels te vind, het 'n plaaswerf stadig ontwikkel wat gegroei het uit harte wat iets aan mense wou teruggee - 'n atmosfeer en omgewing vir almal om te geniet en iets van te leer. 'n Plek waar daar geen fooi is om in te gaan nie, toeganklik vir almal; en vir die koffie kan besoekers selfs betaal wat hulle voel hulle kan bekostig op die dag. Tyd het verbygegaan en idees het bymekaargekom, altyd geleer langs die pad, idees waarvoor ons nie die eer kan neem nie! Hulle word geliefd en gebruik deur ons besoekers ... sommige gratis of teen 'n klein fooi.

Verwag om verbaas te wees. Ons kyk nie rond om te kopieer en plak nie, ons wag geduldig en skep nederig! Apiarista Bye Plaas sal meer groei – maar onthou, stadig - in veel meer as wat dit huidigelik is.

 Kom groei saam met ons... dis 'n pragtige reis.

ONS PRODUKTE & OPBRENGSTE

Ons verkoops agenda is nie jou tipiese verbruikers verkoops aanslag van "ons wil vir jou alles verkoop wat jy nie nodig het nie". Maar eerder, ons wil net vir jou verkoop wat jy nodig het. 

AL ONS LANDBOU OPBRENGSTE is plaaslik en van hoë gehalte

Wanneer dit by sekere produkte kom is bekostigbaarheid teenoor kwaliteit altyd n deel van besluitneming om óf een óf die ander óf albei opsies te hê. Wanneer daar uitbreiding van ons produkte geskiet neem ons die behoefte, volhoubaarheid en langtermyn-effek in ag. Ons doen moeite om plaaslik te ondersteun, maar weens onbeskikbaarheid voer ons ook sommige produkte in (nie opbrengs produkte nie) wat ons met graagte eerder plaaslik wil verkry of vervaardig sou die geleentheid ontstaan. 

PLAAS ERVARING

Apiarista is 'n plek waar ons, die bye en die koffie almal verwelkom. Ons hart hieragter is om die mense plaas toe te bring om hulle meer bewus te maak van hoe die bye en ander plaasverwante dinge werk.Ons hoop vir besoekers is dat hulle geroer kan word om ten minste 'n mikroskaal produsent en meer selfvolhoubaar te word deur van hul eie kos te produseer. Ons hou nie ons self besig met hoogs ingewikkelde dinge nie en glo dat eenvoud se beloning is meer tyd vir jouself en ander.

AGTER DIE SKERMS

Apiarista is geleë op 'n werkende plaas en opstal, uniek gedeeltelik toeganklik vir die publiek vir 'n regte plaaservaring. Afgesien van die bye - beeste, skape, hoenders, groente, houtwerk, meganiese werk, onderhoud ensovoorts hou die plaasbesig.

​​

Hier glo ons dat jy iets van alle ambagte moet wees, n meester van sommige of geen. Ons doel is nie om vokome net op onself staat temaak nie, maar eerder om meer bekwaam, doeltreffend, vaardig, en nie heeltemal afhanklik tewees van die mislukte stelsels van hierdie "new normal" wereld.

Dankie vir U plaaslike ondersteuning.

bottom of page